Jonatan Netanyahu

Jonatan Netanyahu
Jonatan Netanyahu

Jonatan Netanyahu se grafsteen in Jerusalem se militêre begraafplaas

Bynaam(e) Yoni
Geboortedatum 13 Maart 1946
Geboorteplek New York Stad, New York, Verenigde State
Sterfdatum 4 Julie 1976 (30 jaar oud)
Sterfplek Entebbe, Uganda
Lojaliteit Vlag van Israel Israel
Diens/Tak Israeliese Lugmag
Jare in diens 1964–1976
Rang Luitenant-kolonel
Eenheid Sayeret Matkal
Veldslae/oorloë Sesdaagse Oorlog
Uitputtingsoorlog
Jom Kippoer-oorlog
Operasie Entebbe
Toekennings Medalje van die Uitstaande Diens

Jonatan Netanyahu (Hebreeus: יונתן "יוני" נתניהו Yonatan "Yoni" Netanyahu; 13 Maart 1946 – 4 Julie 1976) was 'n Israeli-oorlogsheld.

Hy was 'n lid van die Israeli-weermag se elite "Sayeret Matkal"-eenheid. Die Medalje vir Voortreflike Diens (Hebreeus: עיטור המופת) is aan hom toegeken vir sy optrede tydens die Jom Kippoer-oorlog.

Hy sterf tydens Operasie Entebbe by die Entebbe Internasionale Lughawe in Oeganda. Netanyahu is deur Oegandese soldate doodgeskiet tydens 'n militêre operasie waarin gekaapte passasiers bevry is. Hy was die leier van die aanvalspan en ook die enigste Israeli ongeval tydens dié operasie.


Developed by StudentB